Thursday, September 15, 2011

Foto's

My foto's van Ierland en Engeland vertel meer van die besoek.
Ierland s'n is hier, en Engeland hier.

Wednesday, September 14, 2011

My kuiertjie in Engeland: 31 Augustus tot 3 September 2011

31 Augustus was maar net heeldag reis. Ek het gepak en uitgeteken, en is so 10:15 met 'n taxi Galway stasie (coach station) toe waarna ek weer die bus Dublin toe geneem het. Daar is ek toe op die vliegtuig Heathrow toe waar Lindi my gekry het. Ek was so dankbaar dat ek nie nog 'n keer van publieke vervoer moes gebruik maak nie.

Dit was heerlik om by Sarel in Lindi te kuier. Die kinders word so groot en raak regtig net al hoe ouliker. Hulle het 'n lieflike huis en dit was lekker om Ma ook weer te sien so saam met die uitgeweke familie.

1 September het Lindi my en Ma Windsor toe geneem. Dit was vir my vreeslik interessant om die Windsor-kasteel te sien wat die Britse koninklikes nog aktief gebruik. Blykbaar is die kasteel wat die langste in gebruik is, meer as 1000 jaar. Die koningin spandeer  omtrent elke naweek daar. Soos altyd in Europa kry mens die gevoel van eeue se lief en leed. Ons was vinnig deur die St Georges Chapel en die State Apartments. Die skatte, die skatte ... dis asemrowend om te dink iemand van vlees en bloed leef so!

Ek het vir Thinus se Meerschaum-pyp ook in Windsor by 'n klein twakwinkeltjie wat Lindi raakgeloop het, gekoop. Ek is baie bly ek kon een kry! Lindi is soos 'n bloedhond wat sulke winkels aanbetref - sy kry almal opgespoor. Sien interessante inligting oor Meerschaum by wikipedia.

Vrydag, 2 September is ons almal strand toe.  Dit was 'n heerlike dag en die weer was regtig lekker. Die kinders het die water en strand baie geniet. Ek sal die foto's later oplaai, my internet wil nie so lekker werk nie. Lyk asof iets sy gorrel toedruk.

Saterdagoggend het Sarel my en Ma vermaak deur ons met 'n kartoer na al die klein dorpies in Surry  te neem. Dit was so interessant. Dit is pragtig daar met die tipiese Engelse groen heuwels, woude  en klein, stokou dorpies waaroor digters liries kan raak. Sarel-hulle ry fietsroetes deur dis dorpies en ken diemooi, klein agterstraatjies en goeie pubs soos die palm van sy hand.

Dit was so spesiaal om bietjie by die familie te kuier, ek is baie dankbaar dat ek dit kon doen. Ons sien so min van mekaar, en ek is so 'n slegte beller.

Saterdagaand moes ek die vlug terug SA toe neem. Gelukkig vlieg ons ou SAL nou van Heathrow Terminaal 1 af, dis minder besig daar. Ek het eers heeltemal te veel geld uitgegee omdat ek na almal verlang het (Ane horlosie, Thinus whiskey en Aurona parfuum).  Dit was 'n lang vlug terug, ek kon nie wag om by die huis te kom nie. Dit was 'n baie lekker trip maar ek het regtig hierdie keer my familie gemis.

Tuesday, August 30, 2011

30 Augustus - Laaste dag in Galway

Ek het vanmiddag die laaste sessie afgegee, ek was net nie meer lus nie en ek voel asof ek wil verkoue kry. My neus loop en my kop is seer. Hoop ek kry dit afgeskud. Ek het van die universiteit af bietjie in Galway gaan rondloop, vir Ma 'n yskasmagneet gekoop, vir almal anders kouse, en Dunaras toe gekom.

Ek by die Spanish Arch in Galway.
Ek het die kamera op 'n asblik gesit op self-timer.
Ander fotos is by my Picasa Album



More moet ek die pad Dublin toe aandurf en daarna London toe vlieg. Ek moet nog pak en moet die bus 11:15 in Galway se middestad kry. Moreaand is ek darem by Sarel in Lindi in London. Ek sien baie uit na die kuier!

29-30 Augustus

Konferensie, konferensie, konferensie ... RR2011
Baie werk wat agter raak ...
Ek verlang nou huistoe!




Sunday, August 28, 2011

Sondag - 29 Augustus

Die summer school is verby en ons het effens gekonfedereer met die Iere, allerande planne gemaak om Biodiversity Informatics te verbeter met ontologiee en vandag die Aran Islands as 'n uitstappie van die summer school besoek. Wat 'n ongelooflike ervaring! Dit was 'n heerlike dag. Ten spyte van al die weervoorspellings wat 'n 80% kans op reen voorspel het, het ons 'n wonderlike sonskyndag gehad. Ons het met die bus tot by die Ferry punt gery, 'n pragtige toggie opsigself. Daarna met 'n ferry tot by die eiland gevaar en toe met fietse die hoofeiland verken. Ons wou ver ry, maar het heeltyd verdwaal (vir 'n verandering het ek niks met die verdwaal te doen gehad nie). Vanaand het ons Willem se inspirasie en kookuns ervaar (dit was baie lekker, ek is moeg vir restaurantkos), weer gestry oor God se bestaan en nou is ek flou en ons moet more vroeg op vir die konferensie. Gisternag 4am het die tannie bo ons begin pak met hoehakskoene, en tasse en meubels rondgeskuif, so ek gaan nou slaap.

Saturday, August 27, 2011

Dae 5 en 6 - 26 en 27 Augustus

Besig, besig, besig. As mens so reis bly mens maar baie besig. Gister was 'n baie lang dag. Ons het lesings gehad van 9:00 tot gisteraand 18:30. Daarna het ons ingegaan Galway se ou stad toe om te gaan eet. Ek het darem Thinus se pyp kon koop. Die omie by die pypwinkel vertel my toe dat sy 'great niece?'  Annie Emmet was wat met Louis Botha getroud is. Annie Emmet was 'n kleinkind van 'n Ierse patriot (Annie Frances Bland Emmett, the English daughter of John Cheere Emmett) wat onthoof is deur die Engelse. Die kinders (maw Annie se ouers), het toe SA toe geemigreer en Annie is in Swellendam gebore. Sy is later met Louis Botha getroud, en daar is baie bespiegelings dat haar anti-Engelse sentiment bygedra het om Louis Botha tot die Anglo-Boereoorlog te laat toetree. Sien meer inligting oor Louis Botha hier, hier en hier.
Van die Google boek 'A question of treason' deur Francis Hugh De Souza.
 Daarna het ons vir Tommie en Kody gaan wag by die King's Head. Dit is 'n pub in die middel van ou-Galway en die familie van die 'executioner' wat Koning Charles die 2e se kop afegkap het, het volgens oorlewering daar gebly (tourist trap). Dis bietjie duur en bedien nie vegetariese disse nie, so ons het toe 'n entjie straataf geloop en geet by Druid's Lane wat Italiaanse en Thai kos verkoop terwyl ons ky na advertensies vir Yoga. Die wereld is heeltemal te internasionaal en multi-kultureel.



Thursday, August 25, 2011

Toer van Galway 1

Ons toer van Galway was baie interessant (sien ook die wikipedia bladsy oor Galway).

Ons gids, Connor Riordan
Ons toergids se naam was Connor Riordan van Discover West. Hy kan sy voorouers geslagte Iere terugtrek en hy doen navorsing vir sy PhD op argitektuur en astrologie, maar hy werk spesifiek met die Ierse geskiendenis.


Eers het hy ons alles vertel van die universiteit. Dit bestaan al 'n paar eeue. Meestal het dit so 300 studente gehad tot die middel 19e eeu toe die getalle dramaties verhoog het. Die huidige gebou dateer uit daardie tyd en is 'n argitektoiese replika van een of ander college in Brittanje. Tans is daar amper 30000 voltydse en deeltydse studente . Bram Stoker van Draculafaam se broer was verbonde aan die mediese fakulteit, en so hier en daar was daar nog 'n paar bekende persoonlikhede verbonde aan die universiteit.

Op die oomblik is dit vakansie, so alles is stil, maar oor so twee weke kom almal terug en dan is Galway primer 'n studentestad.

Ons gids het 'n All Black trui aangehad want hy hou van rugby, maar dink nie die Iere gaan vreeslik ver kom in die wereldbeker nie.


Universiteitsgeboue vol Herfs-Ivy


Daarna het ons langs die rivier afgeloop tot in Galway se 'medieval' ou stad. Die rivier is die Corrib rivier, een van die kortste in Europa, maar bekend vir sy salm. Dit kos 50 Euro 'n dag vir 'n lisensie om in die rivier salm te vang, en die viswagters tel in die spitseisoen 10-20000 salms wat rivierop swem om te gaan eiers le. Dit was nog altyd een van die rykste salmbronne in die UK, en die koning van Engeland het baie langtand van die salmregte afstand gedoen.

Corrib

Dag 4 - 25 Augustus

Nog 'n hele dag van lesings, en die internet SA toe is onmoontlik. Mens kan nie by websites uitkom nie, en ek kan niks van my CSIR eposse op enige sinvolle manier in die hande kry nie. Ek kan ook nie eposse stuur anders as deur die Web nie, want dit lyk my Ierland stop alle smtp server adresse. Wat 'n frustrasie!
Dit begin my nou vang want alles is deurmekaar.

Iewers moet ek seker die summer school se adres pos!  The Seventh Reasoning Web Summer School.


Wednesday, August 24, 2011

Dag 3 - 24 Augustus

Dit was 'n lang dag. Ek het gisteraand laat gaan slaap, en was al vroeg wakker. Die plek het vreemde geluide. Op pad uit besef ek ek het my baadjie gisteraand in die taxi laat le^!. Wat 'n gemors. Ek het seker 6 oproepena die taxi plek gemaak, en sowaar vanaand my jas teruggekry by die taximan wat teruggekom het van 'n hele dag in Connemara en toe by die kantoor aangekom het. Hulle het my spesiaal gebel, en ons het toe sommer dieselfde taxi gebruik om ons terug te bring.

Vanoggend se sessies was ' Using SPARQL with RDFS and OWL entailment' deur Birte Glimm. Sy is 'n pragtige, slim Oxford graduate.
Birte
Jeff Pan
Daarna het Aiden Hogan en Jeff Pan gepraat oor 'Scalable OWL2 Reasoning for Linked Data'. Ek moet darem 'n foto van Jeff Pan ook opsit; Hy het so ewe na Tommie se werk verwys as deel van sy lesing. Al die lesings was baie sinvol, al het dit soms bo my vuurmaakplek geraak. Dit gee mens 'n baie beter idee oor hoe reasoning gebruik kan word met RDF en die LOD.

Na ons sessies, so teen 5pm, het ons 'n begeleide toer deur Galway gehad met 'n gids. Dit was regtig interessant. Die gids is 'n PhD argeoloog/historikus wat ingegrawe is in die Ierse geskiedenis. Meer hieroor later.

Dag 2 Vervolg

Guinness
Die Guinness wat ons gisteraand gedrink het terwyl almal om ons gil op die perde in die perdewedren op die TV. Lyk my die Iere wed nogal op die perde.

Die poster session was interessant. Die posters was meer oor toegepaste werk. Dit maak seker sin in die Semantic Web gemeenskap.
Kody en Willem voor die universitietsgebou
Discussing the poster and possible PhD collaboration.

Tuesday, August 23, 2011

Dag 2 - 23 Augustus

Eintlik het ek al begin met dag 3 want dit is al na 1am op die 24e. Lang dag, so ek hou dit kort. Ons sukkel met epos want beide van hier af en by die liewe CSIR is daar issues.

Ons het vanoggend met die taxi deurgery summer school toe. Die lesings was interessant. Dit help om so iets by te woon want die lesings is oorsigtelik so mens leer baie. By 'n konferensie is dit 'cutting edge' bydraes of voorpuntnavorsing, en as mens nie mooi verstaan hoe dit inpas nie, verloor mens bietjie die waarde daarvan.

Vanoggend het gegaan oor Linked Data, vanmiddag oor Description Logics. Daarna het ons 'n uur oop gehad en ons het gou middestad toe gestap en 'n Guinnes gedrink. Toe weer terug vir die poster session in die laaste sonskyn, want daarna het dit begin sous. Ons moes 'n ruk wag vir die taxi om ons terug te neem woonstel toe - en sederdien reen dit nog aanmekaar. Dink ons gaan nou die regte Ierse weer beleef.
Sren Auer - Linked Data
Sebastian Rudolph - Description Logic Foundations

Monday, August 22, 2011

Dag 1 - 22 Augustus 2011

Na 24 uur is ek uiteindelik in ons woonstelletjie. Dit is nou na Ma Rose se verjaarsdagpartytjie Saterdag, en daarna nog Krummel se Affies-Wildsfees. Ons het laat in die bed gekom Saterdagaand. Ek was stokflou toe ek en Ma Elfie uiteindelik op die lughawe kom. Ouma wil 4 ure voor die tyd daar wees en inboek. Sy vlieg toe BA en ek SAL op pad London toe, en ons moet by verskillende terminale inboek. Ouma is baie senuweeagtig, sy lees niks en vra almal wat sy raakloop alles. Op die ou end is ons paaie geskei na sy ingeboek is, sy wou deur sekuriteit so gou as wat moontlik is. Ek het haar maar na die tyd weer gaan opspoor by hek A30 waar sy kiertsregop op die derde sitplek van voor gesit en wag het 'n uur en 'n half voor opklimtyd.

Dublin Lughawe
My vlug was heel vervelig en beknop. Daar was 'n Afrika Mama langs my wat gesukkel het om in die sitplek in te pas. Dit was 'n woelige nag.

Ek het net 'n uur op Heathrow gehad voor ek die British Midlands vlug moes haal Dublin toe. Ek het dit net-net gemaak vir die hek want mens moet deur sekuriteit en paspoortbeheer en weer deur sekuriteit.  Ek het nogal gedink my tas gaan dit nie maak nie, maar wonder bo wonder kom hy toe in Dublin uit. My tas was amper eerste op die band, so hy was seker omtrent laaste in die vliegtuig ingelaai.


Van Dublin het ek die bus gehaal Galway toe. Citylink  is goed georganiseer en dis 15Euro 'n kaartjie, heel skaflik gegee die afstand. Dis meer as 3 ure op die bus, en die bus het Wifi. Ek hetgedog ek gaan lekker lees en werk, maar ek het karsiek geword, so ek het meeste van die tyd net by die venster gesit en uitkyk. Ierland is vir my mooi, groen 'paddocks' met vet koeie en wollerige swart en wit skape. Daar was 'n hele paar perde ook!

Na die busrit moes ek nog Dunaras toe met die taxi. Dis so 7km in Galway, maar hulle is orals besig met padkonstruksie en dit was spitstyd. Na 40min was ek eers in die woonstel. Dit het my meer gekos as die bus!

Ek was flou en ons het sommer net in die woonstel geeet. Brood en kaas en Lasagne.