Ons gids, Connor Riordan |
Eers het hy ons alles vertel van die universiteit. Dit bestaan al 'n paar eeue. Meestal het dit so 300 studente gehad tot die middel 19e eeu toe die getalle dramaties verhoog het. Die huidige gebou dateer uit daardie tyd en is 'n argitektoiese replika van een of ander college in Brittanje. Tans is daar amper 30000 voltydse en deeltydse studente . Bram Stoker van Draculafaam se broer was verbonde aan die mediese fakulteit, en so hier en daar was daar nog 'n paar bekende persoonlikhede verbonde aan die universiteit.
Op die oomblik is dit vakansie, so alles is stil, maar oor so twee weke kom almal terug en dan is Galway primer 'n studentestad.
Ons gids het 'n All Black trui aangehad want hy hou van rugby, maar dink nie die Iere gaan vreeslik ver kom in die wereldbeker nie.
Universiteitsgeboue vol Herfs-Ivy |
Daarna het ons langs die rivier afgeloop tot in Galway se 'medieval' ou stad. Die rivier is die Corrib rivier, een van die kortste in Europa, maar bekend vir sy salm. Dit kos 50 Euro 'n dag vir 'n lisensie om in die rivier salm te vang, en die viswagters tel in die spitseisoen 10-20000 salms wat rivierop swem om te gaan eiers le. Dit was nog altyd een van die rykste salmbronne in die UK, en die koning van Engeland het baie langtand van die salmregte afstand gedoen.
Corrib |
No comments:
Post a Comment